Geregistreerde versorgingseenheid
Millenium Park beskik oor ‘n geregistreerde versorgings-eenheid met die nuutste tegnologie. Genoegsame vriendelike, gekwalifiseerde personeel vir 24-uur versorging en sekuriteit vir 40 pasiënte. Naby Medi-Kliniek, Kango-Kliniek, Algemene Hospitaal en kerke.
Mediese dokters besoek siekeboeg vir prosedures soos bv. binne-aarse voeding. Spesialiste beskikbaar vir afsprake in Oudtshoorn. Diensbussie vir veilige vervoer
Ruim kamers met moderne geriewe. Tydelike versorging beskikbaar indien benodig vir ‘n spesifieke tydperk of tydsduur.
Rustige omgewing met goedversorgde tuine. Gebalanseerde etes word voorsien.
Wasgoed diens beskikbaar
Versorgingsaansoek
Versorgingseenheid
24-uur Versorging
Opgeleide professionele verpleegpersoneel, ook spesifiek opgelei in die versorging van Alzheimer’s pasiënte
Korttermynversorging
Herstel na chirurgie en/of hospitalisering / mediese procedures
Langtermynversorging
Dimensie/Alzheimer’s, beroerte en algemene verswakte bejaarde pasiënte (Alzheimer eenheid geskep binne bestaande versorgingseenheid)
Kroniese medikasie
Hantering van kroniese medikasie in samewerking met geneesheer
Dagversorging
Dagversorging van pasiënte
Geslotebaankameras
Geslotebaankameras in alle kamers vir veiligheid