Millennium Park
 
Tuisblad
Wooneenhede
Fasiliteite
Versorgingseenheid
Leefstyl
Ligging
Kontak Ons

•  Sien liggingskaart
•  GPS: 33° 34' 26.26" Suid & 22° 11' 41.81" Oos
•  Malaria-vry Gebied
•  Oudtshoorn Info

Aktiwiteite in Oudtshoorn en omgewing












Roete 62

Roete 62 is die langste wynroete ter wêreld en is bekend vir sy uitmuntende streekswyne.
www.kleinkaroowines.co.za

Historiese Geboue

Een van die oudste geboue op Oudtshoorn is opgerig in die 1800's. 'n Mens kan amper sê die gebou is ingekerf in die geskiedenis van die dorp. Elke huis, hoofsaaklik die volstruispaleise, is met kundigheid en 'n oog vir detail ontwerp. Hierdie merkwaardige geboue was die beeldhouwerk van die volstruisveer-bloeitydperk.

Voëls

Van die mees gesogste voëls in die gebied word hier teëgekom. In die manjifieke Meiringspoort is tot 260 spesies te sien.

4x4 Roetes

Die Suid-Kaap omgewing spog met van die skouspelagtigste roetes ter wêreld
Besoek 4x4 Roetes of 4x4 in Eden

Staproetes

Whether you appreciate the fact that you are exploring a world heritage site, the fascination of walking through an ecological hotspot or simply marvelling at the absolute peace and tranquility of the region - you will not leave untouched by the splendour of the Little Karoo, renowned for its wide open spaces, spectacular views and hospitable people.
Sien meer oor staproetes in die Klein Karoo

KKNK - Kunstefees

Een keer per jaar is alle oë op die Klein-Karoo. Die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees lok jaarliks derduisende kunsliefhebbers van reg oor die land om 'n week van die beste teater, musiek en kuns te geniet.
www.absakknk.co.za

Klein Karoo Klassique

'n Fees vir die sintuie - met topgehalte streekswyne, keurige karoo disse en klassieke musiek. Maak seker jy loop nie hierdie geleentheid mis nie.
www.klassique.co.za

Gamkaskloof (Die Hel)

Die wêreldbekende Swartbergpas is geleë tussen De Rust en Prins Albert teen die voet van die Groot Swartberge en was die produk van die geniale 19de eeuse ingeneer, Thomas Bain. Op die Swartbergpas sal jy die afdraai na Gamkaskloof vind (Ook bekend as 'Die Hel'). Oornag in een van die besonderse kothuisies of gaan geniet 'n daguitstappie na hierdie versteekte paradys.

Die Bergpasse

Die Outeniqua, Robinson, Huisrivier and Montagu Passe om net 'n paar te noem. Asemrowende natuurlike skoonheid.

Volstruisleer, -vere and -vleis

Oudtshoorn, bekend as die volstruishoofstad van Suid Afrika bied 'n verskeidenheid vere, handsakke, leer produkte en vele ander luukshede om van te kies en te keur. Besoek ook die abattoir vir "eet-gereed" volstruisdisse en topgehalte volstruisvleis.

- BACK TO TOP -

Copyright © 2018  ::  AFTREEOORD MILLENNIUM PARK RETIREMENT VILLAGE  •  Site by:  WebWorX